Danksy die vooruitgang van die tegnologie én meganisasie is die landbou in die Amerika die produktiefste land in die wêreld.

Mnr. Charlie O’ Brein, ondervoorsitter van die Internasionale Association of Equipment Manufacturers (AEM) in Milwaukee, Wisconsin, sê dié vereniging se nuwe witskrif dui aan dat produksie aansienlik verbeter het en dat produktiwiteit in dié sektor in die onlangse dekades geweldig gestyg het.

Volgens dit witskrif het een boer in Amerika 50 jaar gelede genoeg kos vir 26 mense geproduseer, maar danksy die ontwikkeling van moderne meganisasietegnologie voed een boer tans 144 mense wêreldwyd.

“Die moderne landbou se prestasies is te danke aan wetenskaplike vooruitgang op talle terreine, insluitende ander fasette, soos bemesting, besproeiing en saad. Die produktiwiteitsontploffing word toegeskryf aan die geweldige ontwikkeling van landboumasjinerie en toeruting waarmee miljoene hekare bewerk word,” sê O’ Brein.

* Een Duitse boer voed 140 mense, terwyl een kommersiële boer in Suid-Afrika nagenoeg 1500 mense voed.