Die wenner was mnr. Phophi Raletjena van Vivo in Limpopo.

Die finaliste is gekies uit ontwikkelende boere wat minstens drie jaar betrokke is by Aartappels SA se ontwikkelingsprogram om boere te help om tot die vlak van kommersiële boere te ontwikkel. Raletjana het begin met 5 ha en nou al uitgebrei na 30 ha aartappels onder besproeiing.

Hy het 15 jaar gelede op kommunale grond begin boer en aanvanklik kool geplant. Met die hulp van mnr. Auwke Jongbloed, ’n kommersiële boer en mentor, het hy later ’n verdere 100 ha bygehuur en met Jongbloed se hulp aartappels begin plant.

Hy wissel aartappels af met mielies en aangeplante weiding in ’n rotasiestelsel oor vier jaar. Hy het ook ’n kudde van 100 Bonsmaras.

Vir hom is sy aartappelopbrengs die sleutel tot sy sukses. Hy mik vir 50 ton/ha, maar stoot dit soms op tot 55 ton/ha. Die meeste van sy aartappels word ongewas in 10 kg-sakke aan Mosambiekse handelaars verkoop. Ongewas het die aartappels ’n langer rakleeftyd.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.