‘n Vindingryke man het ‘n virtuele boerdery met beeste bedink en hy meen dit kan die geskiedenis herskryf.

Luidens ‘n berig op Fin24 verkoop mnr. Ntuthuko Shezi beeste aan die publiek deur sy webwerf en toep, Livestock Wealth. Daardeur kan stadsjapies beeste besit, sonder grond en sonder om na die beeste om te sien.

‘n Koei op Livestock Wealth kos R10 500, en jy betaal die maatskappy R295 per maand om na jou koei om te sien. Die koper kry een keer per jaar ‘n dividend. Koeie in die Livestock Wealth-stelsel word bevorder as 'n alternatief vir effektetrusts , aandele of effekte, en die model is gerig op die langtermyn beleggings.

Shezi sê 75% van alle Suid-Afrikaners verstaan nie ??hoe werk aandele, effektetrusts of verbande nie. In plaas daarvan belê mense in duur produkte vir begrafnisversekering. “Maar mense ken van beeste,” aldus Shezi.

Bron: Fin24.com