Me. Gloria Serobe, die bestuurder van die beleggingsmaatskappy Wiphold, het ’n suksesvolle saaiboerdery met kommersiële opbrengste van droëlandmielies en -sojabone op kommunale grond by Centani in die voormalige Transkei op die been gebring. Sy is een van die sprekers by Landbouweekblad en Agri SA se beraad, Die Grond-oplossing: Boere se perspektief oor die herlewing van die platteland, wat op 23 en 24 Augustus 2018 by Wildswinkel se veilingslokaal op Bela-Bela gehou word.

“Met ’n Afrikanerboer en Zimbabwiese grondkundige aan die stuur van landboubedrywighede word daar vandag sowat 2 000 ha mielies en sojabone geplant, met mielie-opbrengste van sowat 10 ton/ ha. En gemeenskapslede skroom nie om in die lande te slaap om hul oeste teen diefstal te beskerm nie.

“Die projek het jare se samesprekings met sowat 45 hoofmanne, stamleiers en duisende gemeenskapslede geverg. Stuk vir stuk is mense se selfvertroue en waardigheid herstel tot waar hulle vandag, soos Gloria trots uitwys, die taal van kommersiële verantwoordelikheid en eienaarskap praat. Dit is ’n verstommende eindbestemming wat in ’n groot mate bereik is deur Wiphold se bereidwilligheid om enigiemand wat nie sy of haar kant bring nie, uit die projek te skop,” skryf Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, oor die projek.

Meer inligting oor die beraad:

Die beraad wil antwoorde deur kundiges bied vir die kritiese vrae wat die suksesvolle toepassing van deurdagte grondhervormingsprojekte beïnvloed, soos:

  • Hoe vertrou ons weer mekaar?
  • Hoe laat ons goeie buurmanskap en mentorskap herleef?
  • Hoe laat ons boerdery in die kommunale gebiede herleef?
  • Hoe vernuwe ons verhoudings in plattelandse gemeenskappe?
  • Hoe verander ons plaaswerkers se toekoms?
  • Hoe laat ons landbouproduksie herlewe en floreer?
  • Watter planne het ons met restitusieplase en boervestiging?
  • Hoe beleef swart boere die landbou en boerdery?
  • Watter finansieringsmodelle is beskikbaar?


INLIGTING 

Datum: 23 en 24 Augustus 2018 

Plek: Wildswinkel se veilingslokaal by Bela-Bela in Limpopo 

Koste per persoon vir die twee dae:

R1 785 (BTW ingesluit) 

(Dié bedrag sluit in etes en verversings op albei dae, ’n aandgeselligheid op die eerste aand en verskeie inligtingsessies en paneelbesprekings.)

Besprekings (sluit op 10 Augustus): Klik hier om te bespreek. 


DIE SPREKERS 
Hier is ’n voorsmakie van die besonderse kundigheid wat op die beraad gehoor sal kan word. Hou Landbouweekblad dop vir nog boeresprekers en ander planmakers wat die Suid-Afrikaanse landbou en platteland kan laat herleef:

Kosie van Zyl

Leona Davids

Walter Biggs

Tshilidze Matshidzula

Dries Wiese

Etienne van Wyk

Jeff Every

Mazibuko Jara

Dr. Colin Forbes

Eddie Prinsloo

Philip Jonker

Henk Agenbach

 

Kleinjan Gasekoma

Leonard Mavhugu

Jane McPherson

Peter Setou

Petrus Grové

Roland Henderson

Schalk Viljoen

Gloria Serobe

Dirk Louw

Ralph Swart

Nick Serfontein

Judy Stuart

 

Eric Ntlaba

Gerrit van Vuuren

John Devonport

Beyers Truter

Bennie van Rooy

Francois Strydom

Gerswin Louw

Piet Potgieter

Dr. Hendrik Smith

Dr. Langelihle Simela

Milaan Thalwitzer

 

NAVRAE

Stuur e-pos aan jacolette.kloppers@landbou.com

MEDIA-AKKREDITASIE

Rig versoeke aan jacolette.kloppers@landbou.com

BORGE

MacRobert Attorneys

Senwes

Standard Bank

Obaro