‘n Swaar gewonde man was sowat 16?uur lank saam met sy vrou se bebloede lyk in ’n instapkluis in hul huis op die Motlopi Lodge-wildplaas buite Thabazimbi toegesluit.

Luidens ‘n berig op Netwerk24 het ’n vriendin van die gesin, me. Marie Barnard, wat ook saam toegesluit was, vir mnr. Bruno Res (73) kalm probeer hou en sy wonde versorg. Hy was in ’n beswyming van die pyn. Hy is in die plaasaanval Vrydagaand aangerand en in die arm geskiet. Sy vrou, Petro (60), is in die kop geskiet.

Wendy van Wyk, ’n buurvrou, sê vyf mans het buite die huis geskuil en Petro oorval toe sy en Barnard omstreeks 18:00 by die plaashuis aankom.

’n Rower met ’n pistool het haar na die instapkluis in die hoofslaapkamer gevat en wou juwele en wapens hê. Daarna is die egpaar geskiet en saam met hul vriendin in die kluis toegesluit. Mev. Res is het in die kluis gesterf.

Volgens die polisie is vyf vuurwapens, waaronder haelgewere en jaggewere, gesteel. Een verdagte is aangekeer.

Lees die volledige berig hier:

* Vrystaat Landbou berig dat drie mense ook in 'n plaasaanvalle in die provinsie die lewe gelaat het. Bevestiging volg.