Met onteiening sonder vergoeding op almal se lippe, is dit maklik om uit die oog te verloor dat die Suid-Afrikaanse landbou oor die afgelope 23 jaar van die wêreld se toonaangewendste transformasieprojekte ontwikkel het. Landbouweekblad en Agri SA het derhalwe besluit om ’n grondberaad aan te bied waartydens boere oor alle vlakke heen met mekaar en ander belanghebbendes en relevante organisasies oor grond kan praat. 

Kom luister vir twee dae na boere, landboubesighede en ander kundiges wat reeds sukses behaal het op alles van kommunale- en restitusiegrond tot familieplase. Hulle gaan vertel hoe hulle dit reggekry het, hoekom hulle dit gedoen het en waar hulle die geld gekry het. 

Kom wees deel van die goeie storie wat die Suid-Afrikaanse landbou aan die wêreld kan vertel oor hoekom onteiening sonder vergoeding nooit nodig was nie – want boere kan die platteland weer laat blom. Die beraad, wat op 23 en 24 Augustus 2018 by Wildswinkel se veilingslokaal op Bela-Bela in Limpopo gehou word, sal klem lê op die planne wat boere reeds rondom transformasie en grondhervorming gemaak het én op hul plase of in hul gemeenskappe toepas. 

Kommersiële en klein boere, bestaansboere, stamhoofde, kommunale boere, finansiers, landbouondernemings, diensverskaffers, beleidsmakers en tegniese kundiges sal almal aan die beste sakepraktyke wat grondhervorming betref, suksesvolle gevallestudies en die uitruil van idees blootgestel word. Die gevallestudies sal aangebied word deur boere, landbouondernemings, finansierders en beleggers wat in die praktyk deel is van die proses. 

Die beraad wil antwoorde deur kundiges bied vir die kritiese vrae wat die suksesvolle toepassing van deurdagte grondhervormingsprojekte beïnvloed, soos:

  • Hoe vertrou ons weer mekaar?
  • Hoe laat ons goeie buurmanskap en mentorskap herleef?
  • Hoe laat ons boerdery in die kommunale gebiede herleef?
  • Hoe vernuwe ons verhoudings in plattelandse gemeenskappe?
  • Hoe verander ons plaaswerkers se toekoms?
  • Hoe laat ons landbouproduksie herlewe en floreer?
  • Watter planne het ons met restitusieplase en boervestiging?
  • Hoe beleef swart boere die landbou en boerdery?
  • Watter finansieringsmodelle is beskikbaar?

INLIGTING 

Datum: 23 en 24 Augustus 2018 

Plek: Wildswinkel se veilingslokaal by Bela-Bela in Limpopo 

Koste per persoon vir die twee dae:

R1 785 (BTW ingesluit) 

(Dié bedrag sluit in etes en verversings op albei dae, ’n aandgeselligheid op die eerste aand en verskeie inligtingsessies en paneelbesprekings.)

Besprekings (sluit op 10 Augustus): Klik hier om te bespreek. 


DIE SPREKERS
Hier is ’n voorsmakie van die besonderse kundigheid wat op die beraad gehoor sal kan word. Hou Landbouweekblad dop vir nog boeresprekers en ander planmakers wat die Suid-Afrikaanse landbou en platteland kan laat herleef:

Kosie van Zyl

Leona Davids

Walter Biggs

Tshilidze Matshidzula

Dries Wiese

Etienne van Wyk

Jeff Every

Mazibuko Jara

Dr. Colin Forbes

Eddie Prinsloo

Philip Jonker

Henk Agenbach

Kleinjan Gasekoma

Leonard Mavhugu

Jane McPherson

Peter Setou

Petrus Grové

Roland Henderson

Schalk Viljoen

Gloria Serobe

Dirk Louw

Ralph Swart

Nick Serfontein

Judy Stuart

Eric Ntlaba

Gerrit van Vuuren

John Devonport

Beyers Truter

Bennie van Rooy

Francois Strydom

Gerswin Louw

Piet Potgieter

Dr. Hendrik Smith

Dr. Langelihle Simela

Milaan Thalwitzer

 

NAVRAE

Stuur e-pos aan jacolette.kloppers@landbou.com

MEDIA-AKKREDITASIE

Rig versoeke aan jacolette.kloppers@landbou.com

BORGE

MacRobert Attorneys

Senwes

Standard Bank

Obaro