Niks verhoed jou om die koopkontrak te teken onderhewig aan ’n voorwaarde dat geen grondeise op die grond by die grondeisekantoor aangeteken is nie. Die voorwaarde kan verder bepaal dat indien enige grondeis teen die eiendom aangeteken is, die koper nie met die kooptransaksie sal voortgaan nie en die koopkontrak sal verval.

Wat gewoonlik gebeur, is dat die prokureur ’n skrywe aan die grondeisekantoor rig en skriftelike bevestiging vra of enige grondeise teen die eiendom aangeteken is. Die grondeisekantoor stuur dan ’n skriftelike antwoord terug aan die prokureur, waarin aangedui word of enige grondeise teen die grond bestaan of nie.

Na aanleiding van die werklike posisie met betrekking tot grondeise teen die eiendom, sal die koper dan kan besluit of hy met die kooptransaksie voortgaan of nie. So ’n skriftelike antwoord deur die grondeisekantoor word tipies binne ongeveer ’n maand verskaf. 

Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.