Grondpryse in Gauteng is onder al meer druk, toon ’n ontleding van transaksies van grondverkope vir grond groter as 10ha vanaf Julie verlede jaar tot Junie vanjaar.

In Gauteng was daar 530 transaksies wat 56 904 ha teen R7 miljard behels het. Pryse in ál die distrikte het gedaal, veral by Carletonville (12,2%). Daarvan was 132 (24,9%) ooreenkomste van kleur. Meer as 61% van die transaksies was vir grond van minder as 50 ha.

Agt distrikte in Limpopo het in die periode dalende grondprysneigings getoon. In dié provinsie was daar 510 ooreenkomste in 13 distrikte. Dit het 197 321 ha teen R2,709 miljard behels. Daarvan was 19% transaksies van kleur.

Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, Regeringsaankope van landbougrond en grond wat vir stedelike ontwikkeling verkry is. Dit het 16,2% van al die verhandelde hektare in Limpopo teen R437 miljoen (16,1% van die totale waarde) behels. Pryse het veral gedaal in Burgersfort (8,4%) en Musina (14,9%). Die hoogste styging is in Roedtan aangeteken (8,5%).

LEES OOK: Grondpryse daal, daal, daal

Styging in KwaZulu-Natal

Altesame 426 transaksies in 12 distrikte in KwaZulu-Natal het grond van 128 610 ha teen R3,336 miljard behels. Daarvan was 29% transaksies van kleur. Sowat 27% van die transaksies was vir grond van meer as 300 ha. Van die 13 distrikte in die provinsie, het nege distrikte se grondpryse gestyg. Die grootste daling is aangeteken in Jozini (12,6%), met die grootste styging in die distrik Louwsburg (11,2%).

Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou. com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier.

Dit behels:

¦ Statistieke.

¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.

¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.

* Johann Bornman is ’n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.

grond