Dit is die gevolgtrekking van mnr. John Rocha, hoofdirekteur vir belegging in Afrika van die departement van handel en nywerheid. Rocha was een van die sprekers met die handel- en beleggingsamesprekings vir Suid-Afrikaanse maatskappye wat by die Africa Big 7-uitstalling in Johannesburg gehou is.

Hy het gesê die jongste navorsing oor die verwerking van landbouprodukte wys dat Afrika vanjaar $50 miljard op die invoer van kos sal bestee. Hy meen daar is ’n geleentheid vir die vasteland on in te gryp en te verseker dat hierdie miljarde eerder na die ekonomieë van Afrika gaan.

“Ons kan dit nie meer langer bekostig om soveel broodnodige inkomste te verloor nie, en nie die geleentheid benut om handel tussen ons te verhoog en om ’n sterker handelsverhouding te ontwikkel nie.”

Hy het gesê volgens AfriExim Bank, met sy hoofkantoor in Egipte, die huidige vlakke van inter-Afrikahandel so laag as 15% is.

As die vasteland dit regkry om aanvraag met aanbod te balanseer deur wêreldwye hulpbronne te vervang met hulpbronne van Afrika, kan inter-Afrikahandel met 38% styg reg oor die landbou-, vervaardiging- en dienstesektor. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.