Hierdie video wat hy van die verwoesting geneem het, wys dat die oortreders al die heuning gesteel en die meeste van die bye doodgemaak of verjaag het.

Mnr. Craig Campbell, eienaar van die Midlands Honey-onderneming wie se hoofkantoor in die distrik Howick is, het aan Landbouweekblad gesê ’n voorlopige skatting van sy verliese in dié voorval is sowat R300 000.

“Ek is so siek en sat daarvoor, en die polisie doen niks nie. Dit gaan net aan en aan en aan,” sê hy in die video.

Hy het op die toneel afgekom toe hy Woensdagoggend die terrein besoek. Hy beoog om strafregtelike klagte in te dien, maar het hy min vertroue dat die polisie “enigiets sal doen, want ons weet hulle sal nie”.

“Ek het net nie die hart gehad om dit alles gister op te tel nie. Dit is hartverskeurend. Die manier waarop hulle al daardie bye doodgemaak het, is so verkeerd. Daar is hierdie hele beweging om die wêreld se bye te beskerm, en hierdie ouens het net te ver gegaan met wat hulle hier gedoen het. Dit ontstel baie mense reeds. ’n Vrou van Johannesburg was amper in trane toe sy my daaroor bel,” sê hy.