Daarom is belegging in skoonmaakgereedskap en die toepassing van higiëniese praktyke op persele uiters belangrik, sê me. Emma Corder, besturende direkteur van Industroclean, ’n vervaardiger van industriële skoonmaakprodukte.

Suid-Afrika se landbousektor beskik oor ’n goed ontwikkelde kommersiële been, asook kleinboere wat deel van die voedselwaardeketting vorm. Met uitvoer wat groei in die sektor stuur, is dit belangrik dat alle belanghebbendes saamwerk om die hoë higiëniese standaarde te bereik wat van die voedselwaardeketting vereis word. Dit sal verseker dat die bedryf en diegene wat daarvan afhanklik is, oorleef.

Corder wys uit dat ondanks die Covid-19-pandemie en die inkrimping van sommige sektore, 2020 ’n goeie jaar vir die landbousektor was. Die bedryf het 13,1%-groei op ’n jaargrondslag in die bruto binnelandse gesien.

Terwyl rooivleis-, hoendervleis-, melk- en aartappelprodusente met oorskotte gesit het vanweë die tydelike sluiting van restaurante, het die sitrusbedryf rekordvolumes uitgevoer.

Die landbou is een van die sleutelsektore wat voedselsekerheid vir die land verseker. Kosprodusente en die landbousektor verkeer egter onder bykomende druk om in die vraag na produkte te voorsien en om groot volumes vars produkte te lewer, terwyl terselfdertyd verseker word dat die produkte die winkelrak op ’n higiëniese en veilige manier bereik.

Corder sê een van die grootste beleggings wat ’n boerderybesigheid kan maak, is die aankoop van skoonmaaktoerusting. Dit maak dus ekonomiese sin dat dié toerusting behoorlik onderhou word. “Plaaswerktuie en -toerusting moet elke keer skoongemaak word nadat dit gebruik is. Die meeste van die groot landboutoerusting kan vinnig en doeltreffend met ’n skoonmaakmiddel en hoëdrukspuit skoongemaak word.”

Daar is verskeie punte waar besmetting kan plaasvind indien die strengste higiëniese maatreëls nie toegepas word nie. Aansteeklike partikels word dikwels versprei deur die beweging van werkers en toerusting op die perseel. Hierdie partikels kan verwyder word deur kragtige skoonmaaktoerusting wat spesifiek ontwerp is vir boerderye.