DNS-toetse het bewys dat die kalfies almal die koei s’n is.

Tweelinge is betreklik algemeen by Holsteins, maar nie drie- en vierlinge nie. Die kans dat ’n vierling gebore kan word, is een in 170 miljoen.

Mnr. Nico Smuts, melkerybestuurder, sê die twee versies en twee bulletjies was baie klein omdat hulle 30 dae te vroeg gebore is. Een van die kalwers is ná vyf dae dood, maar die ander drie lewe nog.

Dis die vierde keer dat die koei kalf. Sy het in die melkery se koeihuis gekalf. Daar was nie ander koeie in die koeihuis nie – die dat Smuts weet dat almal haar kalwers was. Hulle het nietemin DNS-toetse laat doen net om heeltemal seker te wees.

Die koei het sonder hulp gekalf. Hulle begin vieruur soggens melk en die kalfies was almal gebore teen die tyd dat Smuts by die melkery aangekom het.