Netwerk24 berig mnr. Sekola Matlaletsa se borgtog is op R5 000 vasgestel. Sy medebeskuldigde, mnr. Sekwetje Mahlamba, se aansoek om borgtog is van die hand gewys. Drie bloedbesmeerde broeke wat in sy huis gevind is, en die moontlikheid dat Mahlamba kan inmeng met die ondersoek het landdros Deon van Rooyen oortuig om nie aan hom borgtog toe te staan nie.

Van Rooyen het gesê die staat se saak teen Matlaletse is nie sterk genoeg nie en dat die beskuldigde nie ’n vlugrisiko is nie. Hy moet wel drie keer per week by die polisiekantoor op Paul Roux aanmeld.

Die DNS-toetse op bloedmonsters wat uit Horner se bakkie gekom het, kan nie met een van die beskuldigdes verbind word nie. News24 berig die monsters is van drie verskillende mans.

Die verhoor is tot 1 Desember uitgestel.