Die departement sal binnekort besonderhede van hierdie pakket bekend maak en ook hoe om hulp aansoek gedoen kan word.

Altesaam R100 miljoen is aan die Land Bank bewillig om boere te help wat onder erge druk te verkeer. “Saam met die bedryf werk ons aan ’n bedryfsprosedure vir die sektor wat sal verseker dat gehoor gegee word aan die maatreëls wat die president aangekondig het, wat insluit die voorsiening van sanitasie aan werkers binne die sektor, veral plaaswerkers.”

Sy het die belanghebbendes in die voedselwaardeketting gevra om te voldoen aan die streng gesondheidsregulasies om Covid-19 te beperk terwyl daarna gestreef word om die nasie van kos te voorsien.

“Ek doen ’n beroep op die publiek om nie paniekinkopies te doen nie. Die land het voldoende kos, soos die president aangedui het.”

Paniekinkopies sal net versteurings en ongerief in die voedselstelsel meebring. Landsburgers moet ander mense in ag neem en net koop wat hulle nodig het.

Sy het ’n beroep op groot- en kleinhandelaars gedoen om nie hul pryse te verhoog nie. “Julle speel ’n belangrike rol in die geveg teen Covid-19. Ons vra dat julle voortgaan om die nasie te dien en te help om voedselsekerheid in hierdie kritieke tyd te verseker.”

Sy het benadruk dat die land selfonderhoudend is rakende voedselproduksie en dat deel van die jaar se voorraad nog geoes moet word. Die graan- en sitrusoes kan albei van rekordgrootte wees. Hierdie prosesse sal soos normaal voortgaan.

Om te verseker dat pryse in die sektor nie opgeblaas word nie, sal die pryse van die kritieke kosmandjieprodukte gemonitor word.