Benewens die hael het dit sowat 105 mm in minder as ’n uur op ’n deel van sy plaas gereën. Die deel van sy sojaboonlande wat onder die storm deurgeloop het, is platgevee.

“Ek beskou die skade egter nie as sleg nie, want dit was uiters droog in die omgewing. Ná die aanvanklike haelstorm en erge reën het dit deur die nag sag gereën oor ’n groot streek, wat Standerton, Vrede, Meyerton, Secunda, Bethal en Delmas insluit. Ons is dus baie dankbaar vir die reën.”

Mnr. Gerrit Buurman, wat wes van Standerton boer, meen daar was meer spoelskade as haelskade aan die gewasse. Lees meer by bit.ly/2AbX37.





© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.