Van Eeden sê hy het in Oktober sowat 30 mm reën gehad, wat opgevolg is deur 20 mm en 10 mm die afgelope drie weke.

Hy kon egter net een landery beplant voor hy die plantery moes stopsit in afwagting van die reën wat kort voor druktyd vir die naweek voorspel is.

“Die saad begin stik in die grond, ek hoop hulle trek deur. Ons het darem nog ’n paar weke se planttyd voor ons, hoewel die senuwees maar knaag. As jy wil plant, is dit nooit maklik nie.”

Volgens Agbiz beoog boere om dié seisoen die aanplanting van somergraan en oliesaad met 5% tot 4,03 miljoen hektaar te verhoog.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.