Droë rivierlope soos hierdie tussen Musina en die Mapungubwe Nasionale Park wag nog geduldig op die eerste somerreën. “Dis al ‘n paar jaar so droog,” sê mnr. Jacques Willemse, wat op Weipe boer en onder meer katoen, sitrus en aartappels uit die Limpoporivier besproei.

Boere kan nie besproei as die rivier nie vloei nie en moet dan dikwels saam met hul droëlandeweknieë vir reën wag voordat hulle kan plant. “Die afgelope paar jaar val die reën ook nie soos dit moet nie. Ons kry party jare ons hele jaarlikse reënval in een bui en dan is dit verby tot die volgende reënseisoen,” sê Willemse. Hul gemiddelde jaarlikse reënval is sowat 350 mm



© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.