Scot behoort aan me. Pippa Philip, die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (Sasda).

Haar man, Andrew, se hond Zac het die hoogste prys van R30 000 by die veiling behaal. Mnr. W.A. Hugo, ’n afrigter van Lambertsbaai, sê die grootste probleem by die koop en verkoop van ’n werkende hond is om die regte hond by die regte baas en spesifieke werksituasie te bring.

Om hierdie rede het Sasda tydens Livestock ‘n stalletjie beman waar voornemende kopers met verkopers kon gesels oor hul spesifieke behoeftes. Die skaaphondvertoning was een van die besoekpunte tydens die ekspo se skoleprogram, wat deur sowat 3 000 leerders bygewoon is.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.