Dit word deur die private skool Excelsior op Aroab aangebied. Volgens die Namibiese Landbou-unie sukkel baie boere om hul kinders se skoolgeld te betaal.

Die pryse sluit ’n gratis vakansie by Gondwana, ’n Tikka-jaggeweer van R39 750 en jagpakkette vir koedoes, gemsbokke en springbokke in. Mense kan ook slagbeeste en -skape wen. Kaartjies kos R50 elk en daar is vier kaartjies in ’n boekie wat dus R200 kos.

Mense wat wil deelneem, kan me. Charlene Lombard by rian.lombard@vodamail.co.za kontak. Sy sal die skool se bankbesonderhede aan die deelnemers stuur en die kaartjies namens die aansoekers invul sodra sy bewys van betaling gekry het. Dan stuur sy ’n afskrif van die kaartjie aan die deelnemer.

Die trekking sal deur onafhanklike mense gedoen word.