Jooste sal tot einde November in diens bly, terwyl die direksie van ASA ’n opvolger soek.

Mnr. Gerhard Posthumus, uitvoerende hoof van Wesgrow, die vernaamste moerkweker in Suid-Afrika, sê Jooste se vermoë om ewe doeltreffend met produsente, politici, staatsamptenare en die media te kommunikeer, het hom ’n waardevolle aanwins vir die bedryf gemaak. Jooste se opbouende invloed was onmisbaar in die ganse groentebedryf en nie beperk tot net die aartappelbedryf nie. ’n Voorbeeld hiervan is sy betrokkenheid by die bestuur en instandhouding van die varsproduktemarkte en baie onlangs die regruk-aksie by Tshwane-mark.

Die beskerming van die skyfiebedryf en die onderhandelinge met buurlande om die grense vir uitvoer oop te maak, is verdere onderhandelinge waarby Jooste ’n deurslaggewende rol gespeel het.

Jooste se bedanking is ’n skok vir almal in die bedryf. Hou Landbouweekblad dop vir die amptelike aankondiging en kommentaar van die ASA-direksie.