’n Trop van sowat 20 koeie het onlangs die polisie gehelp om ’n verdagte vas te trek nadat sy ’n voertuig gesteel is.

Luidens ’n berig op die Ierse landbounuuswebwerf AgriLand was die vrou een van twee verdagtes wat ’n voertuig gesteel het. Die polisie het die voertuig agterna gesit. Die verdagtes het beheer oor die voertuig verloor, in ’n sloot beland en te voet verder gevlug.

Een verdagte het ingehardloop in ’n kamp waar sowat 20 koeie gewei het. Die koeie het haar na die ander kant van die kamp gejaag waar die polisie haar ingewag en in hegtenis geneem het. Die polisie het die voorval op kamera vasgelê.