Die damvlak staan tans op 18,99%.
Me. Rienette Colesky, uitvoerende hoof van die Gamtoosbesproeiingsraad, sê die vlak wek kommer aangesien watergebruikers ’n toekenning van 85% van hul normale waterkwota gekry het met die aanvang van die huidige waterjaar wat op 1 Julie 2019 begin het. Die toedeling het gevolg nadat goeie reënval verlede jaar die damvlak goed aangevul het. In September 2018 het swaar reën in die omgewing voorgekom en die dam se vlak het van 7% tot 55% gestyg.
“Daar was ’n verwagting dat die damvlak sou herstel, maar dinge het moeiliker gegaan as verwag. Hoewel daar al goeie reën reg oor die Oos-Kaap geval het, het daar nog nie genoeg reën in die opvangsgebied geval om ’n verskil aan die damvlak te maak nie.”
Sy sê dat daar in Januarie goeie reënval rondom Patensie gemeet is teenoor vorige jare toe reënval ondernormaal was.
“Wat ons ook gesien het, is dat watergebruik 10% onder die voorspelde gebruik vir dié tyd van die jaar was. Dit is omdat ons meer reën gekry het en omdat verbruikers verantwoordelik is omdat hulle bewus is van die situasie.”
Volgens Colesky is ’n swaar bui reën nodig om ’n verskil aan damvlakke te maak.Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier