Die kongres is op 7 en 8 Maart op Nampo Park naby Bothaville gehou en sowat 500 afgevaardigdes en gaste het dit bygewoon.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê hulle het ’n versoek aan lede en gaste, veral diegene wat van die sentrale en noordelike dele van die land afkomstig is, gerig om elk ’n 5 liter-bottel water saam te bring.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir die reaksie wat ons gekry het. Die water wat julle hier sien, is nie al nie, daar staan reeds elders op die plaas ook nog water.”

Die water gaan gestuur word aan gemeenskappe wat waternood ervaar. Volgens De Villiers het die organisasie met die NG Kerk in verbinding getree oor behoeftige gemeenskappe se behoeftes. Die water sal via die kerk se netwerke versprei word.

Talle sakeondernemings het ook water geskenk of vervoer beskikbaar gestel om water te vervoer. ’n Skenking van 35 watertenks van 1 000 liter elk wat met boorgatwater gevul is, is ook reeds ontvang