Volgens die berig het sy regsverteenwoordiger, adv. Piet Pistorius, gesê die direkteur van openbare vervolging het besluit daar is niks in die polisiedossier wat daarop dui dat Swart die wet oortree het.

Swart is Donderdagoggend deur vier aanvallers buite sy plaashuis oorval. Hy het drie van hulle doodgeskiet.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het verlede week gesê Swart is in hegtenis geneem omdat sy weergawe van wat tydens die voorval gebeur het, nie ooreengestem het met die bewyse wat die polisie se ondersoekspan op die toneel gevind het nie.

Volgens Netwerk24 is die drie ander verdagtes, twee mans en ’n vrou van in die twintig, wat ná die voorval op klag van sameswering tot moord in hegtenis geneem is, steeds in hegtenis. Die verdagtes was vermoedelik deel van die bende wat Swart wou aanval.