Hy het op die onlangse jaarvergadering en konferensie van Mpumalanga Landbou gesê dit raak al hoe moeiliker om die politieke en ekonomiese belange van die sektor te balanseer.
Hy sê Suid-Afrika se politiek draai dikwels net om staatskaping en selfverryking, terwyl duisende mense in landelike gebiede van die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal krepeer in armoede.
Politici blameer dikwels kommersiële boere vir hierdie armoede en sê dit is omdat hulle al die grond besit en daarom moet grond herverdeel word, sê Van der Rheede. Maar grond het nog nooit iemand ryk gemaak nie, entrepreneurs maak mense ryk. Mense trek op ’n streep agter entrepreneurs in Kaapstad en Johannesburg aan.
Hy blameer armoede eerder op ’n disrespek vir eienaarskap en verwys spesifiek na kommunale grond waar stamhoofde die sê het oor mense se grond. “Dit maak geen sin nie, dis in direkte teenstelling met demokrasie.”
Van der Rheede het sonder om doekies om te draai gewaarsku dat die regering nie moet karring aan artikel 25 van die Grondwet nie. “In Zimbabwe en Mosambiek gaan mense dood van honger omdat die regerings die waarde van die kommersiële landbou misken het en een van die fundamentele beginsels van welvaartskepping – eiendomsreg – afgetakel het.”
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier