Dié afdeling sal binnekort ’n splinternuwe baadjie aantrek ná ’n herontwerp en die oordrag van nagenoeg 4 500 vrae wat in die afgelope paar maande deur die Landbou.com-span gedoen is.

Saam met dié nuwe hoofstuk word ’n maandelikse nuusbrief met ’n keur van antwoorde van die span kundiges ook van stapel gestuur. Dié nuusbrief sal gratis uitgestuur word om lesers op die hoogte te hou van die nuutste inligting wat deur Malan en sy span beskikbaar gestel word. 

Jy kan Malan se nuutste boek, Vra die Veearts: Wat beesboere moet weet (2), wen deur op dié nuusbrief in te teken. Vul bloot die vorm hier onder in.