’n Polisiewoordvoerder het aan Landbou.com gesê meer as 200 polisielede is sedert 04:00 op die dorp ontplooi en die beamptes sal op die dorp bly tot al die groeperinge mense na hul huise teruggekeer het. Plaaslike polisielede word ondersteun polisielede van Welkom, Bethlehem en Bloemfontein.
Verskillende groepe mense het op verskillende plekke op die dorp of net buite die dorp saamgekom om hul stemme te laat hoor. Honderde EFF-lede trek ook op die dorp saam en die polisie moes op ’n stadium afsperrings met voertuie, Njalas en waterkanonne skep om betogende EFF-lede en een van die ander groepe mense uit mekaar te hou.
Meer as 200 polisiebeamptes is vandag op Senekal byeen om wet en orde te handhaaf. Ons joernalis, Willem van der Berg is vandag daar. Meer inligting is binnekort op https://t.co/J5CsarOmv3 beskikbaar. pic.twitter.com/6piSnOEIq9
— landbou.com (@landbou) October 16, 2020
Mnr. Nakana Masoka, nasionale sekretaris-generaal van Afasa en ’n boer van Kroonstad, het langs dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbounetwerkorganisasie Saai, by AfriForum se saamtrek sy medelye betuig met Horner se familie. Hy het ook gevra dat die strafregstelsel vinnig die regsproses rondom die voorval afhandel.
“Ons is jammer. Ons as Afasa wil dit baie duidelik stel dat die jong man se dood almal van ons se harte seermaak. Want die dood, die aanranding en aanvalle op plase het nie kleur nie. Almal van ons word aangerand, almal van ons se beeste en diere word gesteel. Ons as boere moet net saamstaan en sê genoeg is genoeg!” Masoka sê niemand moet Horner se dood gebruik om boere te verdeel nie.
Mnr Nakana Masoka, sekretaris-generaal van Afasa, verduidelik watter uitdagings alle boere in die gesig staar weens swak polisiedienslewering. #Senekal2 Video:Willem van der Berg pic.twitter.com/RpGxItxvSa
— landbou.com (@landbou) October 16, 2020
Masoka het gevra dat al die mense van Suid-Afrika hande vat en nie meer toelaat dat politici hulle verdeel en “speelgoed maak van ons” nie.
Alle verkeer op Senekal is erg ontwrig met die hoofstraat wat afgesper is. Van die vragmotors wat op die N5 deur die dorp ry, kan nie uit die dorp kom nie. Verskeie padblokkades is buite die dorp opgestel en voertuie word veral vir wapens deursoek.
*Netwerk24 berig dat uitspraak in die borgtogverhoor van die twee beskuldigdes uitgestel is tot 20 en 22 Oktober. Hulle bly in aanhouding.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier