Panne water staan oral in die lande. In een van sy ander landerye op die plaas Nuweland, tussen Bultfontein en Hoopstad, is 41 ha van die totale aanplanting van 90ha se mielies daarmee heen.
Pienaar beraam dat hy tot soveel as 30% van sy totale mielie-oes kan verloor maar die omvang van die skade sal eers duidelik word wanneer hy stroop.
Hy is steeds baie dankbaar oor die reën. Daar het tot dusver die afgelope seisoen reeds 450mm reën uitgesak oor sy gesaaides en die distrik het nie sy gebruiklike midsomerdroogte beleef nie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier