Makube sê al sou die rentekoers verlaag word, sal dit nie vergoed vir die verlies aan inkomste wat boere in die drankwaardeketting beleef nie.
Makube sê die verlagings in die rentekoers verlede jaar was goed vir die landbousektor aangesien die aankondigings gekom het terwyl die sektor baie bedrywig was en daar ’n groot vraag na krediet was.
Hy sê sterk kommoditeitspryse het boere gehelp om finansieel te oorleef, hoewel die Covid-19-pandemie in sommige bedrywe probleme veroorsaak het, veral in die wynbedryf wat tans ’n derde drankverbod trotseer.
Volgens Makube bied die verdere uitstel van rentekoersverhogings boere ’n geleentheid om die nodige opknappings en herstelwerk aan hul masjinerie en toerusting te doen. “Die rekordlae inflasiekoers tesame met sterk kommoditeitspryse het die verkope van masjinerie verlede jaar ’n hupstoot gegee. Die aankoop van trekkers en stropers het op ’n jaargrondslag met onderskeidelik 8,9% en 25% toegeneem.”
Hy sê vanjaar se sterk landbou-uitset sal voedselinflasie beperk, wat goed vir vanjaar se algemene verbruikersinflasie sal wees.Volgens hom sal die Reserwebank die rentekoers moontlik vanjaar in die tweede of derde kwartaal met 50 basispunte verhoog.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier