Volgens Sihlobo moet veral provinsies, soos die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, se potensiaal moet in ag geneem word.

Volgens Sihlobo is tuinbou die belangrikste subsektor waarop gekonsentreer moet word. “Dit is ’n arbeidsintensiewe bedryf en die vraag na tuinbouprodukte groei plaaslik en in die res van die wêreld. “Wat belangrik is, is dat vaardighede van landbouwerkers opgeskerp moet word om tred te hou met ’n veranderende tegnologiese omgewing, toenemende beleggings, navorsing en ontwikkeling asook geldelike ondersteuning vir ontwikkelende boere”

Hy meen die werkskeppingsteikens in die Nasionale Ontwikkelingsplan kan in ’n mate bereik word as struikelblokke uit die weg geruim word. Dit sluit in kwessies, soos onsekerheid oor grondhervorming, die sektor se vermoë om by klimaatsverandering aan te pas, regulasies oor waterregte, swak maatreëls oor biosekerheid en beperkinge op infrastruktuur, veral in die voormalige tuislande.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.