Hoewel die inperkingsmaatreëls intussen effens verslap is, is daar steeds baie mense wat in groot nood verkeer weens die impak van die pandemie op die ekonomie. Gevolglik het Agri Limpopo op Vrydag 19 Junie saam met Yara Africa Fertilizer, die Mike Loutfie Foundation, Agri SA, die RSA Groep, die Polokwane RSA-varsproduktemark en Freshlinq vars groente geskenk aan die Abraham Kriel-kinderhuis, die NG Kerk Roedtan, die NG Kerk Polokwane en die Rotariërs-klub.
“Ons kan dalk nie vandag almal help nie, maar almal van ons kan wel iemand help,” het me. Deidré Carter, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, oor die skenkings gesê.
Sy het ’n beroep gedoen op ondernemings en organisasies in Limpopo om aan te hou om mense in nood te ondersteun. “Hulle behoefte sal steeds daar wees in die dae, weke, maande en jare wat voorlê.”
Werkers van die Polokwane-varsproduktemark het gehelp om die kospakkies op te maak.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier