Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het swaar reënneerslae vir vandag en môre vir die kusgebiede van die Oos-Kaap voorspel, asook sneeu vir die hoogliggende gebiede soos die Sneeuberge. Boere in die Langkloof, wat baie bekommerd geraak het oor hul watervoorraad weens erge droogtetoestande “jubel en juig” oor goeie reën wat vanoggend begin uitsak het. “En nou gooi hy eers hoor,” het mnr. André de Wit, ’n vrugteboer van die gebied, vanmiddag aan Landbou.com gesê. “Die tydsberekening is natuurlik perfek. Die vrugtebome begin nou groei ná die winter.”

 Mnr. Bokkie Kritzinger, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, het teen Vrydagmiddag gesê dele van die vallei het al tot 90 mm reën gehad sedert gisteraand. “Ons het vandag 80mm tussen 07h30 en 14h30 gemeet. En die Waboomspruit kom tans sterk af.”

Kritzinger sê die gebied se gemiddelde jaarlikse reënval wissel van 450 mm tot 480 mm. “Verlede jaar het ons slegs 230 mm gemeet.”

Foto: Jors Strydom
Foto: Jors Strydom
Foto: Jors Strydom
Foto: Jors Strydom
Foto: Bokkie Kritzinger
Foto: Bokkie Kritzinger
Foto: Bokkie Kritzinger
Foto verskaf deur Andre de Wit
Foto verskaf deur Andre de Wit
Foto verskag deur Andre de Wit
Foto verskaf deur Andre de Wit
Foto verskaf deur Andre de Wit

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.