Die streek se gemiddelde jaarlikse reënval is van 450 mm tot 480 mm. Sneeu het ook oor groot dele van dié streek en die Oos-Kaap voorgekom.

Mnr. Bokkie Kritzinger, voorsitter van die Langkloof-landbougenootskap, sê reënval in die Langkloof wissel van 125 mm tot 355 mm. “By die Joubertinadam is tot 355 mm gemeet, en die metings neem af namate nader beweeg word aan die R62, waar ongeveer 200 mm gemeet is. Van Misgund af noord is minder reën gemeet. By Avontuur is 125 mm gemeet.”

Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom
Foto: Riaan Strydom

Volgens Kritzinger is die meeste damme en plaasdamme in die omgewing vol. Hy sê die streek het in 2015 laas goeie reën gehad. Die naweek se goeie neerslae het ook die Kougadam, wat Donderdag net sowat 6% vol was, ’n stewige hupstoot gegee. “Die Kougadam staan vanoggend op 30,9% en daar is heelwat sneeu op die bergpieke wat nog moet smelt.”

“Die Langkloof lyk pragtig. Dis net so wonderlik,” sê Kritzinger.

Perfekte tydsberekening

Mnr. André de Wit, ’n vrugteboer van die Langkloof, sê oor die reën en sneeu: “Die tydsberekening is natuurlik perfek. Die vrugtebome begin nou groei ná die winter.”

Mnr. Riaan Strydom van die Bokmakierietrust in die distrik Krakeel in die Langkloof sê hulle het tydens die oorstromings in 2011 laas so baie reën gehad. Die metings in dié distrik wissel volgens hom van 306 mm tot 142 mm. Hy het 'n video van die Krakeelrivier met Landbouweekblad gedeel.

“Wat die baie water nie ’n vloed gemaak het nie, is omdat dit konstant gereën het teen 6 mm tot 8 mm per uur. Met die vorige oorstromings het dit nie eintlik meer gereën nie, maar toe het daar tot 20 mm per uur geval, wat kwaai en vinnige afloop en op die ou end skade gebring het,” sê Strydom.

Volgens mnr. Stefan Erasmus van die plaas Beskuitfontein in die distrik Middelburg in die Oos-Kaap is hulle baie dankbaar vir die sneeu wat by hulle geval het. Die sneeu het 20 cm tot 30 cm diep gelê. 

Sneeu by Beskuitfontein buite Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Stefan Erasmus
Sneeu by Beskuitfontein buite Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Stefan Erasmus
Sneeu by Beskuitfontein buite Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Stefan Erasmus
Sneeu by Beskuitfontein buite Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Stefan Erasmus
Sneeu by Beskuitfontein buite Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Stefan Erasmus
Sneeu lê op Niekerksberg in die Langkloof. Foto: Andre de Wit

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.