Dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, het bekend gemaak dat 557 gevalle van die siekte regoor Suid-Afrika bevestig is. Die meeste gevalle (345) was in Gauteng, gevolg deur 71 in die Wes-Kaap en 37 in KwaZulu-Natal.

Hy sê die bron van die uitbreking word nog ondersoek word, maar meen dit is waarskynlik die gevolg van besmette kos wat van plase en landbou- en voedselverwerkingsaanlegte kom.

Wanneer iemand listeria onder lede het, is daar drie beduidende simptome wat waargeneem kan word:

• Verkouesimptome met diarree, koors, algemene liggaamspyn, braking en swakheid

• Infeksie van die bloedstroom.

• Breininfeksie, meningoensefalitis.

Listeria monocytogenes-bakterieë kom in die natuur voor en kan gevind word in grond, water en plantegroei. Diereprodukte en vars produkte, soos vrugte en groente, kan deur hierdie bronne daarmee besmet word.