"Julle boere is ongelooflik. Die eerste ding wat ek vir die boere tuis in Indiana gaan vertel, is hoe maklik hulle dit het. Dis baie maklik om daar 'n goeie boer te wees," het mnr. Barry Fischer, 'n spesialis in grondgesondheid van die Amerikaanse departement van landbou, by Bewaringslandbou Wes-Kaap se simposium in Durbanville gesê.

"Julle het binne 'n paar kilometer só 'n groot verandering in grondtipe, klimaat en moedermateriaal dat dit geweldige goeie bestuur verg om te bepaal watter stelsel op alles sal werk. Ons is soms 'n bietjie lui. Ons plant net mielies en sojabone,” het hy gesê.