Mnr. David Malan, besturende direkteur van Klein-Karoo Saadproduksie op Oudtshoorn, sê hulle kry gewoonlik 500 ton lusernsaad, meestal SA Standaard, uit die distrik Oudtshoorn.

“Ek praat wyd met boere en sal verbaas wees as hier vanjaar 50 ton lusernsaad geoes word. Dis baie sleg vir die kultivar. Dit skep ’n geleentheid dat baie saad uit Australi? ingevoer kan word.”

Lusernsaad word gewoonlik middel Desember geoes. Die Klein-Karoo se dro? klimaat is geskik vir lusern- en groentesaadproduksie. Die feit dat dit selde in die oestyd re?n, verseker dat die gehalte van die saad altyd goed is.

Die droogte wat al vier jaar duur, het egter lusern- en lusernsaadproduksie in die Klein-Karoo feitlik tot stilstand gedwing.

Saad van ander kultivars wat hoofsaaklik langs die Oranjerivier verbou word, is ingevoerde kultivars. Malan sê as dit oor volume saad gaan, is dit goedkoper om in te voer.

Tog het SA Standaard ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse landbou, veral in die dro? dele waar dit deur skape en volstruise bewei word. Dit is omdat lusernkultivars van verskillende dormansiegroepe is. “SA Standaard is in dormansiegroep 6, wat beteken dis hoofsaaklik vir weiding geskik. Aangesien die kroon onder die grond gedra word, trap diere se hoewe dit nie sommer stukkend nie.”

Malan sê SA Standaard het ook ’n oorlewingsvermo? wat min ander kultivars het. Die kultivars van die dormansiegroepe 9 tot 11 begin vroe?r dra, hou later aan en word nie so baie deur dagliglengte beïnvloed nie. Die kultivars is uitsluitlik vir hooiproduksie en kan nie diere se hoewe verdra nie.

Malan, wat ook voorsitter van die nasionale luserntrust (NLT) is, sê boere in die distrik Oudtshoorn gebruik nie die ho?r dormansiegroepe nie, want hulle kan dit nie deur volstruise laat bewei nie. “Daardie kultivars is vir die gebiede waar hulle water het en wat heeltemal op hooimaak ingestel is.”

SA Standaard kan ook vir hooi gesny word en het ’n opbrengspotensiaal van ses tot sewe snysels of 12 t/ha tot 15 t/ha, terwyl sewe tot nege snysels moontlik is by die kultivars met ‘n ho?r dormansie en boere van opbrengste van 25 t/ha tot 30 t/ha praat.

Daar sal egter altyd ’n plek vir SA Standaard wees omdat dit so gehard is, meen Malan. “Die ho?r dormansiekultivars vrek gou as die water opraak.”

SA Standaard is ’n landras, sê Malan. “In die ou dae was daar ’n klomp verskillende kultivars. Die goed het deurmekaar geraak en SA Standaard het daaruit ontstaan. Dis nooit ontwikkel deur iemand spesifiek nie. Omdat dit in sulke moeilike omstandighede ontwikkel het, het die gehardste saad deur natuurlike seleksie oorleef.”

Dr. Albert Smit van die Landbounavorsingsraad het sedertdien die kultivar SA Select uit SA Standaard ontwikkel. SA Select het luisweerstand, terwyl SA Standaard min weerstand teen luise het in gebiede waar lugvogtigheid hoog is. “SA Select is in dormansiegroep 7. Dis baie wyd aangepas en geskik vir beweiding of hooimaak.”