Sedert die aanvanklike onsekerheid oor die verspreiding van tydskrifte uit die weg geruim is, is LBW beskikbaar by sowat driekwart van alle verspreidingspunte landwyd. Van die uitgawe van 21 Mei af sal LBW weer by alle agente beskikbaar wees.
As jy steeds sukkel om die tydskrif in die hande te kry, WhatsApp die winkel se naam en tak (winkel X in Y-sentrum en die straatnaam) na 087 353 1344. Stuur ook e-pos na lbw@landbou.com
Sodra die poskantoor weer intekenare se eksemplare by hulle kan besorg – waarskynlik van vlak 3 af – kan alle intekenare weer hul papieruitgawe in die hand hou. Intussen is toegang tot Netwerk24 vir alle bestaande intekenare verleng, en intekenare se jaarlikse intekening gaan verleng word om vir die ongerief te vergoed. Weer eens, as julle enigsins sukkel om toegang te kry tot Netwerk24 se digitale e-publikasies, kontak ons asseblief by lbw@landbou.com of WhatsApp ons by 087 353 1344, sodat ons kan help.
Indien jy die tydskrif digitaal wil lees, klik hier vir volledige instruksies.
Hou Landbou.com dop vir die jongste oor veranderende regulasies wat boere raak, veilings, hulpverleningsprojekte en verkope. Dié webwerf is besiger as ooit met rekordbesoeke, en van ons joernaliste reis tans die land vol om jou op die hoogte van die jongste verwikkelings te hou.
LBW se twee TV-programme, Landbouweekliks en Boer maak ’n plan, is weekliks te sien, en verfilming van die nuwe Landbouweekliks-reeks het reeds begin.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier