’n Tekort aan landbougrond by Rotterdam en die geleentheid om nuwe tegnologie te ontwikkel was die hoofredes vir die ontwikkeling van dié plaas, het me. Minke van Wingerden, ’n vennoot in die maatskappy, aan Business Insider gesê.

Die plaas sal 40 koeie kan huisves, wat sowat 800 liter melk per dag kan lewer. 

Van Wingerden het gesê ’n drywende plaas klink vreemd, maar hulle glo dit kan nuwe geleenthede vir die landboubedryf skep. Dit kan vars produkte meer geredelik in stedelike gebiede beskikbaar maak. 

Die plaas sal uit drie vlakke bestaan. Die onderste vlak sal masjinerie vir die verwerking en verpakking van suiwelprodukte huisves. Die koeie sal op die tweede vlak deur robotte gemelk word, terwyl hul voer – klawer en gras – op die derdie vlak gekweek sal word. Robotte sal die koeie se mis verwyder om enige slegte reuke te vermy. Afvalprodukte en oorskietgraan van plaaslike bierbrouerye sal ook as voer gebruik word. 

Die maatskappy beoog ook drywende hoenderplase en kweekhuise.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.