Die doel van die veiling is om geld in te samel vir opvoedingsgeleenthede vir kinders in die Kaapse Wynland. Die veiling het sedert 2014 altesaam R88 miljoen opgelewer, wat aan 22 begunstigde organisasies geskenk is.

Die hoogste bod van die dag was vir die Marovasa Be-ervaring in Madagaskar – ’n volle R3 miljoen!

Die Man & Soil-lot van The Ashbourne Emul Ross and Eben Sadie Pinotage Project is vir R1 miljoen opgeveil.

Mnr. Raymond Ndlovu is op die veiling as voorsitter van die Kaapse Wynveiling-trust aangewys. Hy neem die leisels oor by me. Wendy Appelbaum, wat as trustee sal aanbly.

“Ons het ’n groot impak gemaak en sal daarmee voortgaan. Suid-Afrika word tans deur strawwe ekonomiese tye in die gesig gestaar, maar ons sal bly saamwerk om ’n beter toekoms te help verseker,” het Ndlovu gesê.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.