Karaan het op 26 Desember positief getoets nadat sy vrou, Basheerah, Covid opgedoen het. Hy is op 1 Januarie in Stellenbosch Mediclinic opgeneem toe hy met asemhaling begin sukkel het.
’n Bewys van die belangrike rol wat Karaan in die Suid-Afrikaanse landbou gespeel het, is toe hy destyds die groot taak opgelê is om die regering se Groenskrif aan te pas en te verbeter. Hy was toe lid van die Nasionale Beplanningskommissie wat ’n visie vir die land moes ontwikkel.
Groot slag
Agri SA sê hy het met leedwese en skok kennis geneem van Karaan se skielike heengaan weens die Covid-19-virus.
“Ons betuig ons diepste medelye teenoor sy naastes, vriende, kollegas en instellings waar hy werksaam was. Mag julle vertroosting vind in sy nalatenskap en mensliewendheid. Hy was inderdaad ’n geliefde en hoogs gerespekteerde mens,” sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.
Op ’n onlangse vergadering tussen Karaan en die leierskap van Agri SA is in detail oor landbou-aangeleenthede gepraat en is idees geesdriftig uitgeruil oor die beste pad vorentoe vir die sektor. Nie net was hy ’n kenner wat plaaslik en internasionaal groot agting geniet het nie, maar hy het ook sy passie vir die landbou met oortuiging uitgeleef, sê Van der Rheede.
Sy bydrae op verskeie terreine, veral wat betref sy betrokkenheid by die Nasionale Beplanningskommissie, die stigting van Asuf (die oorkoepelende liggaam van landbou-unies in Suid-Afrika), die fakulteit landbou aan die US en vele ander instellings, was van onskatbare waarde.
“Die landbousektor eer sy bydrae en bou voort op sy nalatenskap. Rus sag, prof. Karaan.”
Van der Rheede betuig ook medelye met die families van mnr. Gerrit van Rensburg, voormalige minister van landbou in die Wes-Kaap, wat Agri Wes-Kaap in Agri SA se algemene raad verteenwoordig het, en mnr. Welmar Ras van die RSA Markagentskap wat by Agri SA se korporatiewe afdeling betrokke was. “Ons sal hul bydrae tot die sektor en herinneringe met deernis koester.”Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier