Me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, sê twee lede van die kommissie se tak in Kaapstad het die DA gekontak om verskoning te vra vir die terugvoering wat die party van dié tak ontvang het. Hulle het die party ingelig dat die versoek om die uitlatings te ondersoek en vervolg na die MRK se nasionale kantoor deurgegee is.

“Die DA vertrou dat die kommissie voortaan sy mandaat ernstig sal opneem en die miskenning van menseregte en haatspraak, spesifiek haatspraak wat met plaasaanvalle- en moorde te doen het, sal ondersoek,” sê sy.

“Daar behoort nie in ’n nie-rassige Suid-Afrika plek te wees vir geweld wat teen spesifieke groepe aangehits en verheerlik word nie.

“Hierdie giftige en haatlike uitlatings moet ondersoek en die skuldiges moet vervolg word. Om haatspraak stop te sit is ’n klein stap wat gedoen kan word om die verdeeldheid in die land te oorkom.”