Boere moet hulself beveilig in die lig van dreigemente dat die ANC-Jeugliga “grond gaan vat”, sê dr. Pieter Mulder.

Luidens News24 het Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gewaarsku dat Malema se dreigement dat grond sonder betaling gevat sal word, neerkom op dieselfde beleid wat in Zimbabwe toegepas is.

Mulder het gesê die landbougemeenskap sal beslis nie voorgestelde “grondgryp” wat Malema voorstaan, aanvaar nie.

Charles Smith van die Volksblad skryf op Nuus24 dat Mulder ook gewaarsku het dat Malema se uitsprake kan lei tot nog plaasmoorde.

Bronne: News24 en Nuus24

20 Junie 2011