Hy het haar gevra om op haar Facebookprofiel te gaan kyk om te sien wat haar Valentynsdaggeskenk is: “Dit was so oorspronklik en die bokkies het so mooi saamgewerk. Hy het my op Valentynsdag gevra om op Facebook te gaan en toe het hy my in die video ge-tag. Ek weet hy en Dennewil, een van ons werkers, het met die bakkie gery en die hartjie uitgeplot en toe ’n sak mielies in die vorm gestrooi.”
Die paartjie sal in Mei ses jaar getroud wees. Janicke vertel skertsend dat Pieter meen dié verrassing was oulik genoeg dat hy eers weer oor drie jaar ’n plan sal moet beraam om romanties te wees.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier