Die plek op die digitale dorp waar jy nie net antwoorde vir jou boerdery se probleme gaan vind nie, maar ook jou buurman gaan raakloop wat ongelukkkig weer kla oor daardie gemeenskaplike grensdraad wat net nie die jakkalse wil uithou nie.

Daar’s oom Piet van Klawerfontein wat jy in die kunmisstoor raakloop wat vertel van die nuwe klomp verse wat hy gekoop het met die geld was sy seun met sy rugbyspelery in Engeland huistoe stuur. Buite op die straat, voor jou bakkie, lyk dit wragtig of die dominee maar moeilik sluk aan jou storie oor hoekom jy laasweek se Sondagoggenddiens misgeloop het toe die jong ooie weer gesukkel het om te lam.

Maar teen net R99 per maand is ons digitale koöperasie aansienlik goedkoper as daardie onbetaalde koöperasierekening wat op jou bakkie se voorste sitplek lê tussen die balertou en stukkende draadmasjien. Want by Netwerk24 kry jy ál Media24 se tydskrifte en koerante van wêreldgehalte – alles op een plek, alles op een rak. Van Weg en Finweek tot Huisgenoot en Sarie.

Van Rapport en Die Burger tot Volksblad en Beeld. As jy reeds ’n Netwerk24-intekenaar is, kan jy onmiddellik begin lees. Indien nie, hoekom registreer jy nie vir ’n gratis proeftydperk van 30 dae en kyk of dit vir jou werk nie?

As jy, soos die res van ons, nie sonder jou daaglikse besoek kan klaarkom nie, gaan dit jou net R99 per maand kos om die beste joernalistiek in Afrikaans enige tyd, enige plek en op enige digitale toestel wat jy het, te kan lees. 

Vir ’n tydskrif wat volgende jaar sy honderste bestaansjaar vier, is ons nou wragtig trots op dié nuwe baadjie van ons. Geniet dit saam met ons.