Die melkbedryf het volgens die Namibiese Landbou-unie in Gobabis vergader om moontlike oplossings te bespreek. Daarna het hulle in Windhoek met mnr. Alpheus G. !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, samesprekings gevoer.

Hulle het die regering gevra om geregistreerde melkboere met R1 per liter onverwerkte melk te subsidieer om hulle in staat te stel om met produksie voort te gaan. Voerkoste beloop 70-80% van hul produksiekoste. Hulle het hom ook gevra om voorrang te gee aan wetgewing wat ’n wakende oog oor die in- en uitvoer van melkprodukte sal hou.

!Naruseb het gesê hy het begrip vir die boere se krisis en sal aandag aan hul versoek gee.