’n Ekstra ingang moes ook geskep word om die lang rye van besoekers wat Donderdag kaartjies by die hekke wou koop, vinniger te kon help.

Verskeie skole het ook groepe kinders gebring om die 287 uitstallers te besoek.  ‘n Totaal van 7245 besoekers het Nampo Kaap Donderdag besoek, meer as twee keer die 3417 besoekers wat Woensdag deur die hekke beweeg het.

“Uitstallers se stoutste verwagtinge is al oortref, met onder meer die kosstalletjies wat moet woel en werskaf om genoeg kos vir besoekers beskikbaar te hê,” sê mnr. Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA.

Volgens Wessels was die saal wat voorberei is om die damesprogram aan te bied, te klein en moes sommige mense buite staan of sit.

Die Nasie in Gesprek-sessies wat daagliks aangebied word, is ook vol.

“Selfs die gewasproewe is goed bygewoon,” sê Wessels. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.