Hoewel Eloise tans as ’n matige storm geklassifiseer word, verwag die Suid-Afrikaanse Weerkantoor dat dit in die komende dae meer intensief kan word namate dit nader aan Madagaskar se kus beweeg. Met winde van meer as 100 km/h word verwag dat Eloise windverwante skade en stormreën tot gevolg kan hê. Oorstromings is ook ’n moontlikheid.
Volgens die weerkantoor is die goeie nuus dat die storm stoom sal verloor namate dit oor Madagaskar beweeg. Dit sal egter weer kragtiger word wanneer dit na die Mosambiekse kanaal beweeg en gedurende die naweek die kus tussen Beira en Vilanculos bereik.
Dit is ook moontlik dat Eloise verder suid teen die Mosambiekse kus kan beweeg en die noordoostelike Laeveldgebied van Suid-Afrika bereik.
Tans is die moontlikheid dat Eloise Suid-Afrika regstreeks kan raak een van verskeie moontlike uitkomstes gegewe die lang aanlooptyd. Daarom moet dit as ’n hoogs onwaarskynlike, ergste scenario beskou word.
Die Suid-Afrikaanse Weerkantoor monitor die storm en sal die publiek op hoogte hou van ontwikkelinge.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier