Die Oesdag op 5 Desember op Moorreesburg is die afsluiting van ‘n jaar lange projek om die plaaslike Koringbedryfmuseum te ondersteun. Al die prosesse wat nodig is om koring van die land tot op die tafel te kry, sal gedemonstreer word met veteraan-oesmasjinerie uit die eerste helfte van die vorige eeu.

Trekdiere voor ‘n snymasjien en wat gerwe op ‘n trapvloer uittrap, sal ook te sien wees.

Vir die hongeriges is sal daar stalletjies wees met tradisionele kos en koeldrank. ‘n Broodbakkompetisie met pryse geborg deur Checkers, vorm deel van die dag se program. Die Checkers/Shoprite Development Trust sal ook die nuwe Moorreesburger Weiss Bier aan die publiek bekend stel.

Die saai en (moderne) oes op ongeveer 18 ha munisipale landbougrond is geborg deur Overberg-Agri(MKB) en kleiner borge.

Die verrigtinge op die museumterrein en die oesland op die oesdag word aangebied deur die Koringbedryfmuseum, die Shoprite-Checkers Ontwikkelingstrust en die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub se takke Swartland en Piket. Die geleentheid word geborg deur die Shoprite-Checkers Ontwikkelingstrust. Die opbrengs gaan volledig na die Koringbedryfmuseum.

Vir enige navrae kontak Tania le Roux by 022 433 1093 of epos: kormuseum@wcaccess.co.za

* Sien die program in die aangehegde dokumente.