Hy sal opgevolg word deur mnr. Seelan Gobalsamy (43), die gediversifiseerde chemiese maatskappy se huidige finansiële hoof.

Gobalsamy het voorheen senior uitvoerende poste by Liberty Holdings, Stanlib en Old Mutual beklee. Sy aanstelling as uitvoerende hoof van Omnia Holdings is onmiddellik van krag.

Seelan Gobalsamy,
Mnr. Seelan Gobalsamy. Foto: Omnia Holdings

Die maatskappy sê De Lange het om persoonlik redes die pos ontruim, maar dat hy steeds in ’n raadgewende hoedanigheid beskikbaar sal bly. De Lange, wat sedert 2003 by die groep betrokke was, is in Junie 2017 as Omnia se uitvoerende hoof aangestel.

Omnia wil mettertyd bykomende nie-uitvoerende direkteure aanstel om die bestuurspan by te staan met die toepassing van sy nuwe strategie, het die maatskappy aangekondig. Vroeër vandeesmaand het die maatskappy ook ’n ten volle onderskryfde regte-uitgifte van R2 miljard aangekondig om sy skuldlas van R4,4 miljard te help verlig.

Omnia, wat sake in die landbou- mynbou- en chemiese sektore doen, se prestasie het in die boekjaar tot einde Maart 2019 weens ongunstige marktoestande en stygende finansieringskoste drasties verswak. Hy het die verkryging van Umongo Petroleum en Oro Agri, asook die bou van fase 1 van sy nitrofosfaat-aanleg met skuld en kontant gefinansier. In dieselfde tydperk het sy wins gedaal weens onder meer eenmalige uitgawes, droogte en laat reën in belangrike kunsmismarkte en moeilike handelstoestande in die plaaslike mynbedryf.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.