Sy verdienste is geknou deur droogte en wisselvalligheid in die wisselkoers, sê die maatskappy in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens.

Hy sê voorts veranderinge in die mynboubedryf, waar die maatskappy ’n verskaffer van plofstof is, en moeilike internasionale handelstoestande het ook sy winsgewendheid verminder. Die maatskappy sê die verdienste per aandeel sal na verwagting meer as 120% laer wees as in die vorige boekjaar. Die wesensverlies per aandeel sal 59c tot 139c wees, vergeleke met die wesensverdienste per aandeel van 991c ‘n jaar gelede.

Die maatskappy het onlangs aangekondig dat hy weens sy skuldvlakke ’n regte-uitgifte van R2 miljard gaan onderneem. Die maatskappy verwag om sy resultate vir die boekjaar op 25 Junie bekend te maak.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.